By Pamperlang Skoonheid SA is ons passievol om aan ons kliënte net die beste kwaliteit produkte lewer!
Nadia en Du Preez het eers vir die familiebesigheid in die natuurlike gesondheids bedryf gewerk.
Ons het vinnig gesien dat daar n behoefte is onder ons kliënte om gesonder leefstyl keuses te maak. Ons het ook vele kliënte gehad met allergiese vel toestande, ekseem en kopvel probleme.
Ons, as gesin, was ook op n missie om velsorg produkte te vind wat nie vol giftige bestandele is nie.
Die idee het posgevat om self produkte te ontwikkel, sodat ons weet dit is die beste kwaliteit en presies dit waarna ons kliente en ons, as familie, opsoek was!
Ons het n fantastiese span bymekaar gekry om ons 100% natuurlike skoonheid en badprodukte reeks vir ons te help formuleer.
Ons span agter die skerms bestaan uit
Deur ons agente help ons ook ander dames om n ekstra inkomste te verdien en hulle eie besighede onder ons Pamperlang Skoonheid handelsmerk te bou.
Ons gebruik slegs natuurlike olies soos Argan, Jojoba, Klapper en Olyfolie in die vervaardiging van ons produkte
Ons produkte is ook
As jy, soos ons, graag produkte wil gebruik wat goed is vir jou, jou gesin asook vir die omgewing, dan is jy by die regte plek!
Ons belowe jy gaan mal wees daaroor!
owner
Owner